ʼn Grys papegaai se “hallo” het glo twee gewapende inbrekers die skrik op die lyf gejaag terwyl ʼn vrou en haar seun angsbevange in hul badkamer weggekruip het.
LookLocal Kempton Park berig dat die inbrekers toegang tot die huis verkry het deur ʼn venster met ʼn baksteen stukkend te slaan. Volgens ao. Cobus Holloway, ʼn polisiewoordvoerder, het die ma en seun hulself in ʼn badkamer toegesluit. “Nadat hulle die deur gesluit het, het hulle twee skote hoor afgaan.” Holloway sê die papegaai wat in die sitkamer staan het vermoedelik “hallo” gesê en die rowers glo so groot laat skrik dat hulle halsoorkop gevlug het. Niks is uit die huis gesteel nie.