Voël keer dogtertjie se val

Seepunt-promenade

ʼn Kleuter het Sondag ʼn vier meter ver val by die Seepunt-promenade oorleef nadat ʼn dooie voël haar val gebreek het.

Alma Krook van Swede was glo saam met haar gesin met vakansie in Kaapstad toe die voorval gebeur het. Sy het Sondagaand tussen Marine- en Olivestraat op die promenade geloop toe sy geval het. Sven Arne, ʼn vriend van Krook se ma, het gesê die tweejarige het teen die reling geleun toe sy vooroor gebuig en “op die rots en sand” geval het.

Beverley Schäfer, wyksraadslid, het gesê ʼn vriend van die gesin het aan haar gesê dat die kind met haar kop op ʼn dooie voël geval het, en dat dit die impak versag het. Dit is nog nie duidelik of die voël ʼn seemeeu of albatros was nie.

Krook is na die Rooikruis Kinderhospitaal geneem.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, het gesê die kleuter se long is gekneus. Daar is ook bloed en ander vloeistof op haar longe. Haar gesin sou Maandag teruggevlieg het huis toe, maar het hul planne nou laat vaar, aangesien dit glo onveilig vir Krook sou wees om te vlieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.