‘n Seun is beseer nadat ‘n voël hom getref het terwyl hy op ‘n tuimeltrein in New Jersey, Amerika, gery het.
Die botsing het plaasgevind toe die Kingda Ka-tuimeltrein by Six Flags Great Adventures-pretpark in Jackson, New Jersey, na die stasie teruggekeer het. Kristen Siebeneicher, woordvoerder vir die pretpark, het gesê die seun is na ‘n hospitaal geneem vir geringe beserings aan sy gesig en nek.
Die 45-verdieping hoë Kingda Ka-tuimeltrein, wat tot 205 km/h kan haal, was vir 30 minute lank gesluit.