Voëlgriep in China knyp KFC

Die beheermaatskappy van KFC in die VSA, Yum Brands, het die beurswaghond SEC laat weet dat dié maatskappy die gevolge van die voëlgriep in China met dalende verkope voel.

“Die afgelope week het die publisiteit oor die voëlgriep in China ‘n merkbare negatiewe invloed gehad op die verkope van KFC,” lui die verklaring.

Vroeër vandeesweek het die Chinese owerhede bekend gemaak dat nog twee mense aan die siekte dood is, wat die totale sterftes op nege te staan bring. Die besmettings is tot Shanghai en die oostelike provinsies beperk.

Daar is nog geen aanduiding dat die virus van mens tot mens oorgedra kan word nie. Die mense wat die siekte tot dusver gekry het, was almal regstreeks met pluimvee in aanraking.

Chinese eienaars van posduiwe immuniseer hul duiwe by die tienduisende om die verspreiding van die H7N9- virus te voorkom.

Daar is nie ‘n verband met die voorkoms van die H7N1-virus onder volstruise in die Wes-Kaap nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.