Voëlspesie vir eerste keer in SA waargeneem

Foto: Wikipedia

ʼn Voëlspesie wat nog nooit vantevore amptelik in Afrika aangeteken is nie, is Donderdag in die Table Bay-natuurreservaat afgeneem.

“ʼn Black Skimmer (Rynchops niger) is deur ʼn besoeker afgeneem toe hulle in die Rietvlei-omgewing van die reservaat na voëls gaan kyk het,” het die stad Kaapstad se kommunikasie-afdeling Vrydag gesê.

ʼn Foto van die voël is aan die reservaat se bestuurders gewys waarop hulle Cliff Dorse, die biodiversiteitsbestuurder van Kaapstad, asook die voëlkenner Trevor Hardaker gevra het om die waarneming te ondersoek. Hardaker en Dorse het bevestig dat dit ʼn Black Skimmer is en dat dit die eerste keer is wat dié spesie in Afrika aangeteken is.

Vandat die voël waargeneem is, het verskeie voëlkykers van so ver soos Gauteng na die gebied gestroom. Die reservaat het sy bedryfsure aangepas en sal vir tyd en wyl van sonsopkoms tot sonsondergang oop wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.