Voertuig beland onder bus

Foto: Looklocal Hillcrest Kloof

ʼn Bestuurder van ʼn ligte voertuig is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagoggend teen die agterkant van ʼn stilstaande bus in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk op die M13-pad in die Kloof-omgewing plaasgevind. “Na wat verneem word is die bestuurder van die voertuig deur die son verblind en het hy nie gesien die bus staan stil en is besig om passasiers langs die pad af te laai nie,” het Steinmann gesê. Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en na die Entabeni-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize Beukes ·

Ek hoop die company van die bus “fire” hom…… deesdae al hoe meer busse wat passasiers so aflaai en maak soos hul wil…… padreels geld lankal nie meer vir busse en taxis nie!

Pieter Swanepoel ·

Lyk meer of die bus in die pad staan en nie langs die pad soos in die berig nie!

Annika Heymans ·

Ja – tensy ek blind is, staan die bus IN die pad. Ek hoop hy word aangekla van strafbare manslag! Wie laai inelk geval mense af in die middel van ‘n hoofweg??

Brenda ·

Net in Die Piesang republiek word mense IN die middel van die pad op ‘n HOOFWEG afgelaai!! Viva ons Piesang Republiek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.