Voertuig bots teen skoolgebou

Foto: ER24

ʼn Hoërskool in Roodepoort het Maandagoggend ʼn eienaardige kuiergas gekry nadat ʼn voertuig van die pad af gery en teen een van die skool se geboue tot stilstand gekom het.

Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het die voertuig omstreeks 11:00 van die pad af gedwaal, teen ʼn steil helling af gery, deur die skool se heining gebars en uiteindelik teen die gebou op die skoolterrein tot stilstand gekom. “Die man is in sy 30s. Hy het ‘n wit Volkswagen Polo bestuur. Hy beweer hy moes uitswaai vir ʼn ander voertuig wat ʼn onwettige U-draai gemaak het. Die voorval het gelukkig gebeur toe die leerlinge in die klas was en niemand anders is in die voorval beseer nie,” het sy gesê.

Die bestuurder het geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.