ʼn Voetganger, in sy twintigs, is dood nadat ʼn voertuig hom Sondagoggend in Kempton Park raakgery het.
Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval omstreeks 04:00 op die R21-snelweg in Bonaeropark plaasgevind.
“Die man het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Banks gesê.
Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd.