Voetganger op snelweg doodgery

ʼn Man is dood nadat hy Dinsdag deur ʼn swaarvoertuig getref is toe hy die N1-snelweg naby die Solomon Mahlangu (vroeër Hans Strijdom)-brug in Erasmuskloof, Pretoria, wou oorsteek.

Jeffrey Wicks, Netcare911 se woordvoerder, sê die voorval het in spitsverkeer gebeur.

“Hy het glo oor die pad gehardloop toe hy voor die swaarvoertuig beland en dit hom getref en oor hom gery het. Hy is kritiek beseer en op die toneel dood verklaar,” het Wicks gesê.

Verkeer was vir ʼn geruime tyd in die omgewing ontwrig terwyl die toneel opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Nes mens nie in die dieretuin in die leeu se hok klim nie, hardloop jy ook nie oor ‘n snelweg nie! Dis moeilikheid soek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.