Vol taxi rol

ʼn Volgelaaide taxi het Maandagoggend op die R550-pad naby Eikenhof in Johannesburg gerol.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het ʼn paar passasiers ernstige beserings opgedoen, maar die meerderheid het slegs ligte beserings opgedoen.

“Die taxi het op die R550 gery en glo meganiese probleme opgedoen. Die voertuig het naby die kruising met die R554-pad gerol en op sy dak tot stilstand gekom. Geen ander voertuig was in die botsing betrokke nie,” het Jackson gesê.

Dit is in die stadium nog nie bekend hoeveel passasiers in die taxi was nie. Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.