Volg DA-optog hier

'n Skermskoot van Helen Zille se twiet.

‘n Skermskoot van Helen Zille se twiet.

ʼn Regstreekse uitsending van eNCA en ‘n Twitter-stroom oor die optog volg onderaan die berig.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se betoging vir “ware poste” het begin. Helen Zille, leier van die DA, sal lede van haar party en aktiviste lei in ʼn betoging oor “ware poste”. Die party het hul eie veiligheidsmaatskappy gehuur om die veiligheid van deelnemers te verseker.

Volgens berigte is daar glo ANC-teenstanders wat bakstene dra met die woord “DA” daarop.

Die Twitter-gebruiker @PaulivW het met een van die ANC-ondersteuners, Thabo Langa van Hillbrow, wat ‘n baksteen by hom het, gesels. Van Wyk skryf op Twitter: “Ek: ‘Why do you have that?’ Langa: ‘I want the blood of @helenzille.”

Zille het op Twitter en aan die deelnemers dit duidelik gestel dat geen kinders aan die optog mag deelneem nie. “Geen kinders mag saamstap nie. Ons het dagsorggeriewe gereel vir ouers wat wil deelneem aan die optog vir #RealJobs.” Zille het kort daarna getwiet: “Die ANC is nie toestemming gegun om saam te kom nie, maar die polisie staan ​​en toekyk hoe ANC-lede, met bakstene, by Beyers Naude-plein onwettig saamkom. Hoekom tree die polisie nie op nie?” Die DA het vroeër gesê 6 000 mense gaan aan die betoging deelneem en elke persoon van die 6 000 deelnemers verteenwoordig 1 000 werklose mense. Die DA se optog begin by die Westgate-vervoersentrum in Johannesburg en gaan by Beyers Naude-plein eindig. Die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng het gesê sommige paaie sal gesluit wees. Dié paaie sluit Miriam Makebastraat, Marshallstraat, Harrisonstraat en paaie in en rondom Beyers Naude-plein in.

https://www.youtube.com/watch?v=4Ep8duuO2cU#t=2996

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.