Volstruise weer deur voëlgriep geteister

Argieffoto

Voëlgriep is weer by volstruise op ʼn plaas naby Oudtshoorn opgespoor.

Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het gesê toetse het aangedui dat die H7N1-virus by die voëls opgespoor is. “Die patogenisiteit van hierdie virus is nog onbekend, maar monsters is vir verdere toetse gestuur om die tipe te bepaal,” het hy gesê.

Die bron van die infeksie is nog nie bekend nie, maar die departement het ʼn intensiewe ondersoek van stapel gestuur. “Die plaas is onder kwarantyn geplaas, asook alle plase in ʼn 3km-radius van die gebied. Verskeie voorsorgmaatreëls sal tot verdere kennisgewing in plek gestel word om te verseker dat die voëlgriep nie versprei nie.”

Lees ook:
Stropers steel nou volstruisvere

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.