Vonkpos knou Kiwi-slakkepos

eposNieu-Seelandse stedelinge sal van 2015 af net drie dae per week nog slakkepos ontvang omdat dié soort pos jaarliks met 8% afneem.

Aanvanklik wou die staatsbeheerde posdiens ook die posaflewering op die platteland na drie dae per week verminder, maar in die finale ooreenkoms is hiervan afgesien omdat die platteland nog baie afhanklik van hul slakkepos is.

Die aantal dienspunte gaan ook tot 240 verminder word. Altesaam 640 kioske word in selfbedieningslokette omskep.

In die VSA het ‘n organisasie, Save the Post Office, tot stand gekom wat argumente aanvoor oor hoekom die VSA nie in 2012 altesaam 3 650 poskantore moes sluit nie. Die Amerikaanse posdiens het in 2011 twee verskillende syfers verskaf oor met hoeveel hulle meen die posstukke verlede jaar sou afneem – die een syfer is 8 miljard stukke minder, en die ander 9,9 miljard. Die hoër syfer verteenwoordig ‘n daling van 5.9%, persentasiegewys veel minder as die daling in Nieu-Seeland.

Bronne: One News, NZTV, Save the Post Office, USA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.