‘Vonnis nie lig’

Johan van der Walt (43), ʼn voormalige veiligheidswag, is Dinsdag tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy ʼn 11-jarige seun doodgeskiet het.

Regter Ferdi Preller het die vonnis aan Van der Walt opgelê nadat hy vroeër skuldig bevind is aan strafbare manslag na die dood van Gift Mokoena (11) in Junie 2007. Van der Walt is onder huisarres geplaas en mag slegs werk toe en kerk toe gaan. Hy moet ook as deel van sy vonnis 18 uur per week gemeenskapdiens verrig. Preller meen dit is nie ʼn ligte vonnis nie en sê dit is ʼn straf wat net so erg soos tronkstraf is. Van der Walt het ook sy werk verloor en sy huwelik is op die rotse. Mokoena se pa, Jan, het vroeër versoek dat Van der Walt die R68 000 wat hy aan Gift se begrafnis bestee het aan hom terugbetaal. Preller sê hy kan egter nie so bevel maak nie.

Van der Walt het die aand van 2 Junie 2007 saam met sy broer patrolliewerk gedoen toe hy op ʼn Nissan Skyline geskiet en Mokoena in die bors getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.