Vonnis uitgespreek oor 3 wat perd steel en martel

Bukshi in gelukkiger dae

Drie mans wat deur die landdroshof in Somerset-Wes skuldig bevind is dat hulle ʼn perd gesteel, en hom tot die dood toe gemartel het, is Dinsdag gevonnis.

Desling Snyman (19), William Williams (20) en ʼn 15-jarige is tot een jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 6 maande vir drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hulle nie binne daardie tydperk van ʼn soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie. Die drie is verlede week skuldig bevind dat hulle Bukshi, ʼn waperd, in April 2010 gesteel en gemartel het. Die 18-jarige Arabiese perd het aan Anthea Myburgh, van ʼn plaas in Faure, behoort. Luidens die Bolander koerant is hy met ʼn doringdraad toom gery, is hy geslaan en gesteek en is sy stert en maanhare afgesny. Hy is vir drie dae vermis en kon uiteindelik self sy pad terugvind huis toe. ʼn Veearts moes hom uitsit. Die twee ander aangeklaagdes, Benito Plaatjes en Marlin Arries, is onskuldig bevind aangesien daar nie genoeg bewyse teen hulle gebring kon word nie. – SAPA Lees Bukshi se verhaal hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lome4 ·

..dit maak my siek tot in my maag as ek sulke goed lees! En n patetiese vonnis..die Here sal self eendag met sulke barbare afreken:-(

lome4 ·

..dit maak my siek tot in my maag as ek sulke goed lees! En n patetiese vonnis:-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.