Voorgestelde wetgewing stel natuurlike hulpbronne in gevaar

wetAfriForum is bekommerd oor die voorgestelde wysigings aan omgewingswetgewing na aanleiding van die verdeling van omgewingsverantwoordelikhede tussen die departement van omgewingsake (DEA) en die departement van minerale (DM).

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, kan die voorgestelde wysigings die monopolie wat die DM probeer skep, versterk. “Suid-Afrika kan nie die DM magtig om besluite te neem oor omgewingsake nie,” sê Kleynhans.

AfriForum is bekommerd dat die regering hierdie wysigings sal gebruik om omgewingsbeheer te verswak ten einde mynprosesse te bespoedig. “Dit sal die DM in staat stel om mynbedrywighede soos prospektering en ontginning te magtig. Die DEA was tot dusver die enigste owerheid wat teen hierdie prosesse kapsie gemaak het en sensitiewe omgewings beskerm het.”

Die Parlement het voorgestel dat alle afdelings insake omgewingsake in die Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling (MPRDA) herroep word en dat dié sake slegs sal val onder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA).

“Die wysigings bepaal ook dat die nuwe omgewingsminerale-hulproninspekteur, wat aan die DM rapporteer, omgewingsake wat verband hou met mynbedrywighede sal ondersoek en hanteer, wat beteken dat die omgewingsbestuurinspekteur (Groen Skerpioene) geen gesag oor mynbedrywighede sal hê nie,” het Kleynhans bygevoeg.

AfriForum verwelkom die voorstel dat daar “een omgewingstelsel” vir die land moet wees, maar dring aan dat hierdie stelsel slegs deur die DEA beheer moet word.

“Die belangrikheid van die kommentaar kan nie onderskat word nie. Die minister van minerale is verantwoordelik vir ekonomiese groei deur middel van mynwese, ens., terwyl die minister van omgewingsake moet verseker dat die omgewing beskerm en bewaar word deur middel van volhoubare ontwikkeling en die skepping van bewaringsgebiede.

AfriForum se standpunt:

  1. Die nuwe wetgewing sal voorsiening maak vir ’n ander aansoekproses wat mynaansoekers in staat sal stel om eers ’n watergebruiklisensie en omgewingsgoedkeuring te kry voor permitte toegeken kan word, waarin die departement die geleentheid sal hê om teen die aansoek te appelleer onder NEMA indien die gebied te sensitief is.
  2. Die DEA moet die owerheid wees wat omgewingsmagtiging verleen en omgewingsbestuursprogramme bestuur om volhoubare ontwikkeling en behoorlike besluitneming te verseker.
  3. Ons glo dat die minister van minerale ʼn monopolie sal skep wat ʼn negatiewe uitwerking op ons natuurlike hulpbronne sal hê.
  4. Die departemente van omgewingsake en water moet toegerus word om normale NEMA, NWA en MPRDA-kwessies te hanteer en die wet toe te pas.
  5. Die departemente van omgewingsake en water moet verantwoordelik wees vir alle omgewingsverwante sake.

AfriForum sal hierdie wette deurlopend monitor en daarop kommentaar lewer ten einde behoorlike besluitneming en volhoubare ontwikkeling in ons land te verseker.

Om by AfriForum aan te sluit, SMS “Groen” na 31336. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.