Eugene Marais (51), ʼn pa van Bronkhorstspruit het verlede week glo sy vrou vermoor en daarna selfmoord gepleeg.
Marais, ʼn voormalige AWB-lid, en twee vriende het in 1990 op ʼn Putco-bus losgebrand. Sewe mense is in dié aanval dood en 27 is beseer. Marais en sy medepligtiges is die doodstraf opgelê, maar dit is later na 25 jaar tronkstraf omgeskakel. Hulle het slegs ʼn paar jaar hiervan uitgedien toe hulle amnestie van die Waarheids- en Versoeningskommissie gekry het.
Beeld het Maandag berig dat Marais sy vrou, Tania, Donderdagaand glo aangerand en doodgesteek het. Hy het daarna glo sy drie kinders, onderskeidelik vier, vyf en 11 jaar oud, gedwing om slaappille te drink.
Die 11-jarige dogtertjie het gemaak of sy die pille drink en ook gemaak of sy aan die slaap raak. Sy het later van die perseel gevlug en 5km ver na die naaste polisiestasie gehardloop om hulp te ontbied.
Marais glo selfmoord gepleeg toe die polisie by die huis opgedaag het.
Die twee jonger kinders is in ʼn bewustelose toestand na ʼn hospitaal geneem waar hulle magies uitgepomp en hulle gestabiliseer is.
Die kinders is in die sorg van hul grootouers geplaas.
– Sapa
siek fok