Voormalige Bloubul ly glo aan waanbeeldversteuring, vermoor glo vier met byl

Joseph Ntshongwana

Voormalige Bloubul-rugbyspeler Phindile Joseph Ntshongwana het Maandag in die Durbanse hooggeregshof onskuldig gepleit op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord, ontvoering en verkragting.

Themba Mjoli, Ntshongwana se prokureur, het ‘n mediese verslag deur prof. AE Gangat ingedien wat beweer dat Ntshongwana aan ‘n waanbeeldversteuring ly. Ntshongwana het glo vier mense met ‘n byl doodgekap. Hy word van die moord op Thembelenkosini Cebekhulu in Motclair op 20 Maart 2011, Paulos Hlongwa in Lamontville op 22 Maart 2011, Simon Ngidi op 23 Maart 2011 en ‘n onbekende man, wat tussen 20 Maart tot 28 Maart 2011 vermoor is, verdink.

Hy het glo ook ‘n vrou op 28 November 2010 ontvoer en verkrag.

“Wanneer waanbeelde vinnig opduik, verloor ‘n persoon beheer en kan hy aggressief, vyandig, moorddadig en uiters gewelddadig word. Sy hoogsbelaaide emosionele staat van waanbeelde en hallusinasies vervleg met die werklikheid,” het Mjoli gesê. Die verslag dui aan dat so ‘n persoon kontak met die werklikheid verloor en hy kan moontlik sy aksies tydens hierdie tyd vergeet. “Persone wat aan waanbeeldversteuring ly het ‘n beperkte beheer en hulle kan selfmoordneigings ontwikkel, moorddadig word en ander gewelddadige aksies uitvoer,” het Gangat in die verslag aangedui.

Die saak duur voort.

Ntshongwana het in 2010 vir die Blou Bulle in die Vodacombeker en Curriebeker rugby gespeel. Hy was ‘n vleuel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Die Prof. AE Gangat,,,reken dat sy getuies alleen is goed genoeg om die “moordenaar” sommer so op vrye voet te laat sit!,,,,,,,So! wat se hy nou eintlik,dat die persoon se gedragspersoonlikheid is van so n aard dat hy uit die samelewing moet weggevat word,,,,of terug gesit word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.