Voormalige Gupta-nuuskanaalredakteur wil alles openbaar

Rajesh Sundaram. Foto: Facebook

Rajesh Sundaram. Foto: Facebook

Rajesh Sundaram, die voormalige redaksionele konsultant van die televisienuuskanaal Africa News Network (ANN7), het ʼn ooreenkoms met ʼn Suid-Afrikaanse uitgewer geteken om sy storie oor die drie maande wat by die televisiekanaal gewerk het, in boekformaat te vertel, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Die titel van sy boek, “Indentured”, sal na verwagting voor Kersfees beskikbaar wees.

Die boek se omslag sal ontwerp word met ‘n afdruk van die kontroversiële werkpermit wat hy ontvang het om van Indië na Suid-Afrika te reis om sy pos by ANN7 te beklee.

ANN7 word deur Infinity Media besit. Infinity is mede-eienaars van Oakbay Investments, wat aan die Gupta-familie behoort.

Sundaram het Suid-Afrika onlangs verlaat en is terug na Indië nadat hy in Augustus uit sy pos bedank het. Na sy aankoms in Indië het hy ‘n klag by die departement van binnelandse sake ingedien rakende die permitte wat hy en ander Indiese ANN7-personeel ontvang het.

Na bewering is daar van onwettige metodes gebruik gemaak om aan Indiese werkers maatskappy-oordragvisums en besigheidsvisums uit te reik. Sommige Indiese werkers is selfs met toerisme-visums uitgereik.

Ronnie Mamoepa, die woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het gesê Sundaram se bewerings word ondersoek.

Nazeem Howa, ANN7 se woordvoerder en uitvoerende hoof van Infinity Media, het die aantygings ontken.

Lees ook:
ANN7-redakteur vlug uit land
ANN7 sou glo “pro-ANC” wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vas Vat ·

Ou ram,jy moet maar jou “wickets” watch, hierdie ouens is nie speletjies nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.