Voormalige minister van staatsveiligheid se seun beroof

Siyabonga Cwele. Foto: Defenceweb.co.za

Siyabonga Cwele. Foto: Defenceweb.co.za

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof nadat die seun van Siyabonga Cwele, die voormalige minister van staatsveiligheid, by sy huis in Pretoria beroof is, het EWN Donderdag berig.

Sy seun, Luyanda Cwele, is Dinsdagaand glo deur twee gewapende mans in sy huis oorval. Hy is in die badkamer toegesluit en kon eers Woensdag ontsnap.

Tebello Mosiki-Siki, adjunk-polisiekommissaris van Gauteng, het aan EWN gesê die rowers het elektriese ware, motorsleutels en juwele gesteel.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eugenie ·

Nou toe nou nê! As hy blank was, sou hy verseker nie net toegesluit gewees het nie, maar vir dood agter gelaat, of brutaal vermoor gewees het.

Jasper ·

Hy was ook nie gemartel nie ? Roof is n baie seldsame misdaad. Gewoonlik word jy vermoor vir jou besittings.

Eugenie ·

Wanneer ‘n blanke gemartel en gedood word, is die verskoning dat die rowers (MOORDENAARS) honger was, die mees algemene verskoning om moord te pleeg. Die besittings wat geoes word, is bloot ‘n “bargain”.

Erich Goosen ·

Die stomme Minister het dit maar hotagter. Is dit nie sy eks wat nou gevangenisstraf uitdoen vir dwelmhandel nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.