Voormalige persklub-president sterf

Patric Hlahla

Patrick Hlahla, ʼn voormalige president van die Nasionale Persklub in Pretoria, is Sondagoggend by sy huis in Atteridgeville in Pretoria glo weens ʼn hartaanval in die ouderdom van 58 oorlede.

Die persklub se huidige president en ʼn kollega van Hlahla, Jos Charle, het in ʼn verklaring gesê Hlahla het by sy huis ineengestort nadat hy aan sy gesin gesê het dat hy nie lekker voel nie.

“Dit is met groot skok en ongeloof dat ons van Hlahla se ontydige afsterwe te hore kom. Ons sal hom onthou as ʼn kollega wat altyd geglimlag het en ʼn vriendelike en betroubare kollega was,” het Charle gesê.

Hlahla het as ʼn senior joernalis by die Pretoria News gewerk. Charle, ook van Pretoria News, beskryf Hlahla as ‘n passievolle, bekroonde joernalis, wie se mentorskap baie jong verslaggewers in gerespekteerde professionele joernaliste verander het.

Hy laat sy vrou Joyce en kinders agter. Sy begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.