Voormalige Valk in sop oor onwettige jag

McIntosh Polela

McIntosh Polela

McIntosh Polela, die voormalige woordvoerder van die Valke, het Donderdag in die Pietermaritzburgse streekshof verskyn op 13 aanklagte van onwettige jag, het The Star Vrydag berig.

Die aanklagte hou verband met twee afsonderlike voorvalle wat in Februarie en April plaasgevind het.

Op 7 Februarie het Polela na bewering ʼn rietbok, wat ʼn beskermde spesie is, en ‘n grys duiker sonder ‘n permit gejag. Hy het ook in April gaan jag en is steeds aangekla alhoewel geen wild in daardie stadium in sy besit gevind is nie.

Van die aanklagte wat hy in die gesig staar is jag buite seisoen, die gebruik van kunsmatige lig tydens ʼn jag, jag vanuit ‘n motorvoertuig en jag op ‘n openbare pad.

Na wat berig word, het Polela glo nie geweet dat ʼn rietbok ʼn beskermde spesie is nie.

Hy het aan die koerant gesê hy weet nie hoekom dit onwettig is om wild te jag op grond wat gedeeltelik aan sy familie behoort nie.

Die saak is voorlopig tot 8 November uitgestel om Polela se regspan tyd te gun om verklarings van die staat te bekom en om die advokaat tyd te gun om vir die saak voor te berei.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

Ignorance of the law is no excuse – het jy dit nie dalk deur die jare as wetstoepassingsbeampte aan baie verdagtes gese nie?

Vas Vat ·

” Eish…Eish ” ek soek hom die vleis, nou is dit baie duur vleis.

Vas Vat ·

Modereer maar maroela, wat is volgens julle fout met die kommentaar wat ek gelewer het ???

Jasper ·

More kom Janrap en sy maat en sê die bank, supermark en apteek staan ook gedeeltelik op oupa se grond en vat wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.