Die Wes-Kaapse regering het ’n klag van bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê nadat hy te hore gekom het dat ’n personeelwerwingsagentskap talle mense onder valse voorwendsels as voornemende verkeersbeamptes “werf” en boonop geld daarvoor vra.
Volgens ’n amptenaar van die Wes-Kaapse regering vra dié bedrieglike agentskap ’n fooi van R150 vir voornemende kandidate om hulle CV’s by die agentskap in te handig en dan moontlik vir verkeersbeampte-poste by die regering in aanmerking te kom.
Die Wes-Kaapse regering het beklemtoon dat hy sy eie webtuiste en advertensies in die media gebruik om poste te adverteer en glad nie van enige personeelwerwingsagentskap gebruik maak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Wanneer kom die verkeersbeampte poste uit