Voorstelle vir die e-tolhekke in Gauteng

Gauteng-motoriste maak nou ʼn paar voorstelle vir wat met die e-tolhekke gedoen kan word indien die omstrede projek finaal gekanselleer word.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het verlede Saterdag ʼn interdik toegestaan teen die implementering van die projek. Dié uitspraak behels dat ʼn die projek ten volle in die hof hersien moet word voordat die projek in werking gestel word. Intussen bly die 45 tolhekke op die snelweë in Gauteng van lyn af. Daar is reeds meer as 100 voorstelle publiseer op Toll Free GP se Facebook-blad. Daar is ʼn paar mense wat aangedui het dat die tolhekke afgebreek moet word en as skrootmetaal verkoop moet word om huise vir haweloses te bou. Daar is sommiges wat voorstel dat korrupte politici daar gehang moet word. Praktiese voorstelle sluit in dat die tolhekke met hul gevorderde tegnologie gebruik moet word om kriminele vas te trek en as spoedlokvalle gebruik kan word.

Sommige motoriste het aanbeveel dat die tolhekke as elektroniese inligtingsborde of advertensieborde ingespan kan word om sodoende die miljoene wat spandeer is om hulle op te rig te herwin. ʼn Gewilde voorstel is dat die tolhekke soos ʼn reuse motorwassery gebruik kan word. Een tolhek kan die motors vol skuim spuit, die volgende kan motors afspoel en ʼn derde kan die motors droogblaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.