Voortrekkemonument in die “geheim” verkoop? Wolhaarstorie!

Een van die "bewysstukke" wat op sosiale media versprei word

Een van die “bewysstukke” wat op sosiale media versprei word

Gerugte op sosiale media dat die Voortrekkermonument aan Chinese verkoop is, is ʼn wolhaarstorie.

“Die Voortrekkermonument word deur sy lede besit en bestuur,” het Sonja Lombaard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, aan Maroela Media gesê. “Dit gaan baie goed met die monument, ons het geen planne om dit te verkoop nie.”

Sy sê hulle beleef tans ongekende groei by die monument.

“Daar is wel talle Chinese wat die monument besoek. Ongeveer 27% van ons besoekers is toeriste van China,” het Lombaard bygevoeg.

Sy verduidelik die monument het in Julie 2013 QR (Quick Response)-kodes by die uitstallings installeer wat dit vir besoekers moontlik maak om met hul selfone in vier tale te lees waaroor die uitstalling of standbeeld, soos die Geloftepanele of Vrou en Kind, handel. Dié tale is Afrikaans, Engels, Duits en Chinees. “Besoekers het dus nie meer ʼn toergids nodig nie, mens kan sommer self met jou selfoon of tabletrekenaar lees wat jy moet weet.” Die Voortrekkermonument bied ook vir dié rede gratis internettoegang.

Volgens Lombaard is dit boonop ʼn handige manier om seker te maak dat verkeerde inligting nie deur toergidse aan die publiek oorgedra word nie.

Die Voortrekkermonument is ook in China vereer en het ʼn goue toekenning in dié land ontvang.

Naas China is besoekers uit Duitsland die tweede grootste bron van inkomste uit toerisme vir die monument.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Dankie tog !

Waarom vind mense dit nodig om te lieg oor iets wat vir ons as Afrikaner boere soveel sentimentele waarde inhou, gaan my verstand te bowe.

HERMAN ·

MOET NIE DIE VERDAGTES VAN DIE NUWE DEMOKRATIESE SUID AFRIKA IDEES GEE NIE

At ·

Dis net ver regse afrikaners wat in elk geval daai berig sou glo Dink hulle morone is in beheer van die monument?

Petronella ·

Ek is baie dankbaar en hoop nie dat so gerug eendag wel waar gaan word nie! Daar het min van ons Afrikaner Geskiedenis oorgebly, altyd gewonder hoekom die H.F. Verwoerd standbeeld maar nie ook daar bewaar word nie! As die monument ook van hand verwissel en boweal in vreemde hande val, wat het dan vir ons oorgebly! Ek betaal reeds vir meer as n jaar n bedrag maandeliks aan die bewaring van die Monument en sal verseker dit staak sou dit die waarheid wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.