Voortrekkermonument nou nasionale erfenisterrein

Foto: Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument in Pretoria is Vrydag as ʼn nasionale erfenisterrein verklaar.

“Dit simboliseer ʼn nuwe era….om die Suid-Afrikaanse storie te vertel, en dit in sy geheel te vertel,” het die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, gesê tydens die bekendstelling. Dit is die eerste Afrikaner monument om as ʼn nasionale erfenisterrein verklaar te word. Mashatile sê die Voortrekkermonument het ʼn diep historiese betekenis vir Afrikaners. Hy sê om dit as erfenisterrein te verklaar is ʼn groot stap in die proses van versoening. Hoewel Suid-Afrika ʼn pynlike verlede het, moet die toekoms onthou word “om almal te herinner dat demokrasie teen ʼn swaar prys gekom het in Suid-Afrika en dat dit met jaloesie bewaar moet word.” Die geleentheid is onder meer deur die leier van die Vryheidsfront Plus, dr Pieter Mulder, bygewoon. “Dit dui op die erkenning van die totale geskiedenis van Suid-Afrika, want dit is moeilik om net een weergawe van die geskiedenis te hê, in daardie sin is ons besig om nader te beweeg tot die balansering van ons verlede en dus nader om ware antwoorde te kry vir ons toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.