Voortrekkermonument spog binnekort met landsvlag-baadjie

Hierdie artikel was sommer deel van ons Aprilgek-pret en moet dus tong in die kies gelees word. Klik hier om meer te lees.

Die bekende baken van die Voortrekkermonument buite Pretoria sal vanaf Jeugdag op 16 Junie vanjaar met ‘n kleurvolle landsvlag-ontwerp spog, is op 1 April aangekondig.

“Uit geskiedenisboeke is dit duidelik dat nie net Afrikaners nie, maar ook mense uit ander bevolkingsgroepe deel uitgemaak het van die Groot Trek,” het Grace Dlamini, woordvoerder van die departement kultuurgeskiedenis, gesê. “Dis tyd dat die Voortrekkermonument die veelkleurigheid van die trek weerspieël.”

Ten einde die jeug van die land te betrek, is daar besluit om die vlag-ontwerp, wat op al vier sye van die monument aangebring sal word, in nege segmente te verdeel wat die nege provinsies van die land sal verteenwoordig.

“‘n Groep jongmense uit elke provinsie sal die eer kry om hulle provinsie te verteenwoordig deur self die verfwerk te doen,” het sy gesê. “Steiers sal reg rondom die monument opgerig word, en elke span jongmense sal vyf dae tyd hê om hulle seksie van die landsvlag te verf. Die nodige veiligheidsmaatreëls sal in plek gesit word.”

Jongmense tussen 15 en 18 kan inskryf om deel te vorm van hul provinsie se verfspan, en spanlede sal gekies word om die rassesamestelling van die provinsie te verteenwoordig. Inskrywings moet bestaan uit ‘n kort CV, ‘n motivering oor hoekom die skolier reken hy of sy moet deel vorm van die span, en ‘n kunswerk in enige kunsmedium wat die skolier se artistieke vaardighede uitbeeld. Die eerste span sal reeds op 1 April begin verf en die laaste van die vier reuse landsvlae sal op 15 Junie voltooi word, sodat die nuwe simbool van nasionale eenheid onder die jeug op Jeugdag, 16 Junie, onthul kan word.

Inskrywings vir provinsiale spanne kan vanaf 1 April gestuur word aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charmaine Vermaak ·

Dit kan nie toegelaat word nie. Dit is ons monument en ons geskiedenis. Hulle kan hulle eie monument verf. Ons’n gaan nie onteer word deur Satans baadjie nie. As dit gebeur gaan daar bloed vloei!!!

Trudie ·

Ek hoop dit is ‘n April grappie anders gaan die hel behoorlik los wees!

Wessel van Vuuren ·

Of dit nou ‘n April gek grappie is of nie. Ek dink dit is ‘n uitstekende idee om hierdie onooglike vaal ou geboutjie wat so op die koppie staan ‘n bietjie op te kikker. Dit sal die jeug van alle rasse ‘n kans gee om hulle kreatiwiteit bietjie te laat ontwikkel en ek glo dat almal dan met ‘n ander oog na die plek sal kyk. Dink net hoe mooi die gebou dan nie sal lyk veral in die aande as spreiligte daarop val. Dit sal beslis ‘n aanwins wees en baie meer besoekers na die monument laat stroom en daar kan dalk nuwe geslag van skilders te voorskyn kom wat baie vir die land sal beteken.

Die voorheen benadeeldes van die land sal beslis baie baat vind in die projek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.