Voortvlugtende in Brasilië aangekeer

Gerhard Jansen van Vuuren.

Die voortvlugtende Gerhardus Jansen van Vuuren, wat van die moord op sy voormalige meisie, Andrea Venter, verdink word, is glo Woensdag in Brasilië aangekeer.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) kan nie in die stadium sy inhegtenisname bevestig nie, en wag ook nog vir bevestiging van Van Vuuren se vingerafdrukke voor hulle meer inligting gaan verskaf, berig JacarandaFM.

Van Vuuren het tydens sy moordverhoor uit Suid-Afrika gevlug. Hy word daarvan beskuldig dat hy haar op 2 Mei 2011 vermoor het.

Van Vuuren het haar na bewering 14 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek. Sy is in haar huis in ʼn kompleks in Fourways, Johannesburg, waar sy glo vir Van Vuuren weggekruip het, se voorportaal vermoor. Hy het glo ook ʼn veiligheidsbeampte gedreig wat probeer het om in te tree. Hy het glo die moord voor twee ooggetuies gepleeg en het daarna probeer om selfmoord te pleeg deur homself in die nek te steek.

Paramedici het Van Vuuren op die toneel behandel, en Venter is op die toneel dood verklaar.

Van Vuuren is twee keer in die Randburgse landdroshof borgtog geweier omdat die staat geglo het hy is ʼn vlugrisiko, aangesien hy sy beskermingsbevel verontagsaam het. Van Vuuren se regspan het egter ʼn aansoek by die hooggeregshof ingedien waarna regter Van Oosten hom op borgtog vrygelaat het. Die laaste keer wat hy volgens sy borgtogvoorwaardes by die polisie ingeteken het, was op 15 Mei 2013.

Bron: JacarandaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert Malan ·

Die wereld is nie groot genoeg om weg te kruip nie. Dit stem ooreen met die Engelse gesegde van “crime does not pay”. Kom maar terug ou seun, kom vat jou straf soos ‘n man, net so groot en sterk soos die dag toe jy ‘n weerlose vrou vermoor het. Ek weet doemprofete gaan vir my se – “hy is nog nie skuldig bevind nie” maar, waarom het hy weggehardloop en landuit gevlug?

Willy ·

Lekker nou het hierdie siel net gewys dat hy skuldig is. Laat reg en geregtigheid geskied. In hierdie geval kom die Engelse spreekwoord: “You can run but you can’t hide” heel gepas.

Grobbie ·

Dis goed so. Stem saam. As hy skuldig is moet hy dit vat. Soos jy sê Gert, hy was baie braaf toe hy sy hande vir ‘n weerlose vrou opgetel het. So jammer die doodstraf bestaan nie meer nie.

Amy ·

Sluit hom toe, en gooi die sleutel weg. Jammer die doodstraf is nie meer met ons nie. Dit is mos ‘barbaars’ om iemand te hang. Hulle het mos regte…

Ek hoop die vark vrek in die tronk!!!!

gerda steyn ·

Dit gaan nie my niggie terugbring nie, maar uiteindelik gaan hy kry wat hom toe kom. Andrea he nie verdien om so wreed te sterf nie. Dit maak my siek om te dink hy het amper daarmee weggekom. Hopelik gaan geregtigheid kan geskied.

Willy ·

Sterkte aan julle die familie Gerda. Gelukkig is hy aangekeer. Wees net sterk gedurende die hofsaak wat gaan volg weet dis moeilik.
Weet julle is in baie se harte en gedagtes.

Waaksaam ·

Wit Rubbish …niemand verdien om so te sterf nie …. laat hy by ou Johan Kotze gaan sit.
Kom ons hoop SA se regstelsel slip nie op nie !

Gerhard ·

Hulle sê die doodstryf is afgeskaf weens menseregte. Het die slagoffer van die misdaad dan ook nie menseregte nie?

Willy ·

Nee Gerhard soos dit vir my lyk het die misdadiger en of moordenaar al die menseregte ten spyte van dat hulle die slagoffer sn weggeneem het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.