Volgens die berig het Shabalala binne ‘n uur nadat hy in Desember uit die Pietermaritzburg landdroshof ontsnap het met een van die staat se sleutelgetuies kontak gemaak het en gedreig het om haar te vermoor. Shabalala is Donderdagaand by ‘n huis in Morning Rise in hegtenis geneem. The Witness berig dat Shabalala glo ontsnap het deur aan ‘n vangwa se onderstel vas te klou toe ander gevangenes in die wa geklim het. Toe die wa by ‘n rooi verkeerslig gestop het, het Shabalala glo ontsnap.
Shabalala het Vrydag in die Pietermaritzburg landdroshof verskyn en die saak is tot 22 Januarie uitgestel. Hy bly in aanhouding. Shabalala word daarvan beskuldig dat hy Rob Anderson, ʼn boer van Richmond, in Augustus 2012 vermoor en sy bakkie gesteel het. Die voorval het ʼn week voor Anderson se 39ste verjaarsdag plaasgevind. Shabalala is kort na die voorval in hegtenis geneem. Shabalala is ook later van aanranding aangekla nadat hy ʼn tronkbewaarder glo met ʼn stoel geslaan het. Shabalala het ook in Maart 2012 uit polisie-aanhouding ontsnap.
Moontlik sal verassing hom op sy plek hou.
Dit is die mense wat in 1994 die land op n skinkbord gekry het. By hulle is daar geen erns of belangstelling om die land op te bou nie. Hulle idee van vryheid is om te moor en af te breek. Hulle lewe in die verlede . Afrika is een groot tragedie want niemand gee om nie. Die mense met die insig en visie sit op die kantlyn en met toesien hoe n eens vooruitstrewende eerste wereld land tot niet gaan.