Voortvlugtige in Mosambiek vasgetrek

Mvelo Robert Mazibuko

ʼn Gevaarlike krimineel, wat vir ʼn jaar lank soek was, is weer agter tralies nadat die polisie hom Woensdag in Mosambiek aangekeer het.

Kolonel Leonard Hlathi, ʼn woordvoerder van die Mpumalanga-polisie, sê die 33-jarige Mvelo Robert Mazibuko het sowat ʼn jaar gelede uit wettige aanhouding in Tonga ontsnap. Mazibuko was onder polisiebewaking in die Shongwe-hospitaal toe hy ontsnap het. Hy was aangehou vir ʼn reeks kriminele oortredinge, waaronder moord, huisroof en kapings.

“ʼn Grootskaalse soektog is sedert sy ontsnapping van stapel gestuur en harde werk en speurwerk het tot sy inhegtenisname in Mosambiek, waar hy weggekruip het, gelei,” het Hlathi gesê.

Mazibuko moet binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Hy gaan ook aangekla word van ontsnapping uit wettige aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.