Voortvlugtige pa aangekeer, in hof

hofhamertjie3Adriaan Netto, wat aangekla word van die verkragting, aanranding en moord op sy tien maande oue babadogtertjie sal na verwagting Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.

Netto is Maandag in Krugersdorp in hegtenis geneem nadat hy verlede Donderdag gevlug het toe uitspraak in die saak gelewer sou word. Netto se babadogtertjie Samantha, nie haar regte naam nie, is op 12 Maart 2012 dood. Sy was glo ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer. Netto en Samantha se ma is in hegtenis geneem en van moord, verkragting, aanranding en kindermishandeling aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dinknet ·

Siek,siek!! Hoe kan n pa dit aan sy kind doen? Hoe kan ENIGE man dit aan ENIGE kind doen? Dit is mos net siek en abnormaal!!

leana ·

Net die malles van die allermalstes kan dit doen Dinknet. Watse kans het ‘n 10 maande oue baba teen so ‘n monster!

Druk ‘n witwarm yster in sy anus op. Hy verdien dit!

mickey ·

Ek het nie woorde nie maar in sulke tye wens ek daar was boendoe howe vir sulke misdade in bybelse tye is mense gestenig nie op n gratis vakansie vir n paar jaar weggestuur nie die arme kind ek kan nie my indink watse pyn die kleinding moes verduur het nie

Dinknet ·

Die nuwe neiging is om selfmoord te pleeg voor jy gevonnis kan word,maar selfs dit is te genadig!

Willy ·

Môresê almal.

Jammer maar ek kan nie my kommentaar geplaas kry nie. Seker omdat die hoof en onderhoof seun Adoonie en Hoog Tyd gaan huil het by die hoof. Pakslae help nie meer so volgende keer word ek geskors.

Erg onder kwarentyn. Nie dat ek eintlik omgee nie. Ek sal nog met julle kuier totdat ek nou heeltemal verban is.

Kom ons kyk hoe gaan dit vandag.

leana ·

Goeie more Willie, en al die onbekendes (name verander dalk?) Dis nou deksels moeilik om te sien, wie is/was wie.

Marie ·

Ek stem saam die man is nie die woord pa werd nie en moet gestenig word! Hy het nie reg om te lewe nie! Gemors van die aarde.

Waaksaam ·

aangesien ons nie meer mag vieslike persoonlike opmerkings, haatspraak of kru, kras en vuiltaal aanmerkings mag maak nie, het ek niks om hieroor te se nie … behalwe more julle !

Waaksaam ·

en toe kry ek inbox boodskap op my email waarin ek op die vingers getik word…. ek het nie tyd vir die poeffies nie …. so tatta Maroela, lekker bly !
“Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.”…. nee werklik hoor: julle deel nie met kinders hier nie Maroela !

Johan Gerber ·

So n persoon moet permanent uit die samelewing verwyder word. mense regte of die gebrek daaraan gee vir onbevoegte mense (mans en vrouens) die reg om voort teplant en dit tenkoste van die kind wat geboore word en die gemeenskap wat saam me sulke mense moet voortbestaan.

Simone de Bruyn ·

‘n Kind vra nie om seer of dood gemaak te word nie. Kinders soek net liefde en ondersteuning van hul ouers/ouma’s en oupa’s en ander mense af. Ons weet nie wat se voorbeeld hulle in hulle kinder dae gehad het nie maar dit was so verkeerd van hulle as ouers gewees om die kind dood te maak. Al wat ek kan doen is om vir hulle te bid dat hulle na die Here toe sal draai en berou oor wat hul gedoen het. En dan moet hul die straf vat wat na hul kant toe kom.

Amy ·

Maak nie saak of jy wit of swart of pienk of pers of geel is nie. As jy jou eie kind, jou EIE BLOED verkrag, is jy ‘n BARBAAR. Maar DIE EEN gaan seker weer in die Looney Bin opeindig, of sy “swaar kinderjare’ daarvoor blameer. Mense kan nie meer die skuld op arpartheid pak nie, want dit is al afgesaag.

Die kind se beserings is so erg, ek het het vir ‘n oomblik gedink, ek lees ‘n riller boek, want wie sal die aan hulle eie bloed (boon-op ‘n baba van 10 maande wil doen?

Daai babatjie is op ‘n beter plek, maar ek weet nie waar die monster-pa gaan opeindig nie…

GS Du Plessis ·

Ek is nou seker heeltemal mosterd na die maal maar wou ook maar net my stuiwer in die armbeurs gooi. Ek is met afgryse vervul. Watse tipe mense loop tussen ons op hierdie aarde??? Ek het nie woorde nie. Al wat ek hoop en bid is dat daar aan hom soveel genade bewys word as wat hy aan sy dogter betoon het. Vieslike walglike en lafhartige stuk gemors wat hy is!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.