‘Vordering’ in Korkie-saak

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê daar is vordering gemaak om die vrylating van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat in Jemen ontvoer is en aangehou word, te bewerkstellig.

“Ons vra om verskoning dat ons nie nou enige nuwe inligting kan bekend maak nie maar dit is voldoende om te sê dat ons vordering gemaak het die afgelope paar dae,” het Imtiaz Sooliman, stigter van die organisasie, in ʼn verklaring gesê. “Die belangrikheid van die vordering sal eers in die volgende 48 uur bekend wees.” Sooliman sê hy kan nie verdere besonderhede bekend maak nie aangesien dit “lewens in gevaar stel” en vordering keer. “Ons is steeds optimisties en hoopvol dat ʼn positiewe uitkoms moontlik is maar dit hang alles af van of ons onlange ingryping binne die volgende 48 uur iets beduidend gaan oplewer.”

Pierre en sy vrou, Yolande, is in Mei verlede jaar in Taiz, Jemen deur Al-Kaïda millitante ontvoer. Yolande is in Januarie vanjaar vrygelaat. Die ontvoerders eis egter ʼn losprys van R32 miljoen vir Pierre se vrylating.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.