Vrae oor munisipale bestuurder se ‘reuse’ salaris

ʼn Vrystaatse munisipale bestuurder se salaris van R900 000 per jaar nadat hy ʼn verhoging gekry het, het Dinsdag vrae laat ontstaan.

Die DA se plaaslike raadslid, Mel Haddad, sê die salarisverhoging vir Naledi se munisipale bestuurder, Nceba Thukane, is onaanvaarbaar aangesien dienste onder sy toesig baie swak was. Haddad sê Thukane het ʼn verhoging gekry terwyl die munisipaliteit slegs sowat 8 persent van sy inkomste deur middel van munisipale rekeninge genereer. Die munisipaliteit skuld Bloemwater glo sowat R17 miljoen. “Rioolwater vloei deur die strate van Wepener en die paaie in Dewetsdorp is afgryslik,” se Haddad. ʼn Woordvoerder van die munisipaliteit, Teboho Kholoanyane, sê Thukane se salaris is in lyn met die vergoeding van sy eweknieë in soortgelyke munisipaliteite. Hy sê die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake betaal Thukane en ander senior bestuurders se salarisse in die munisipaliteit weens die munisipaliteit se finansiële situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.