Vrae oor Oos-Kaapse burgemeester se R800 000 reiskostes

Zukiswa Ncitha

Zukiswa Ncitha, die burgemeester van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap, het sowat R800 000 van belastingbetalers se geld gebruik vir binnelandse reise om “funksies” by te woon, waarvan die meeste nie in haar amptelike dagboek aangeteken is nie. Dié munisipaliteit sluit Oos-Londen, King William’s Town en Bisho in.

Die geld is glo gebruik op luukse voertuie en hotelverblyf regoor die land, het die Dispatch Online Woensdag berig.

Volgens dokumente wat in die Dispatch se besit is, het sommige van Ncitha se reise, waaronder een van R12 000, plaasgevind terwyl sy eintlik in vergaderings in haar Oos-Londense raadsaal was.

Die reise is onder verskillende verwysings betaal, soos burgemeester Zukiswa Ncitha, Z Ncitha, M Ncitha en Z Ncitha burgemeester. Haar seun, Zukile, werk ook by die Buffalo City-munisipaliteit.

Die Dispatch het Ncitha om kommentaar genader, waartydens sy gerugte verwerp het daar haar seun of enigiemand van haar familie van haar burgemeester-reistoelae gebruik gemaak het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.