Vragmotor met giftige vrag gekaap

ʼn Vragmotor wat Vrydagaand naby Heidelberg gekaap is, vervoer ʼn giftige vrag wat soos koffie lyk, het die polisie Saterdag gesê.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Katlego Mogale, sê die vragmotor is Vrydagaand omstreeks 20:20 by die Spookbrug oor die N3-hoofweg gekaap. “Die bestuurder is met ʼn vuurwapen uit die vragmotor gedwing.” Die vrag sou by ʼn nabygeleë myn afgelewer word en is in seilsakke vervoer. “Die giftige stof lyk en ruik soos kitskoffie en moet onder geen omstandighede deur mense ingeneem word nie.” Mogale sê die polisie is bekommerd dat die kapers die giftige stof aan onwetende verbruikers as koffie sal probeer verkoop. Die wit MAN-vragmotor het die letters KVE op sy kant. Die registrasienommer is BG22JVGP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.