Vragmotor met springstof slaan in JHB om

springstof‘n Militêre voertuig wat springstof vervoer het, het Saterdag op die N12 naby Lenasia in Johannesburg omgeslaan.

“Die pad is gesluit en motoriste, wat uit die weste van Johannesburg ry, word aangeraai om die N12-oos te vermy,” het Wayne Minnaar, hoofsupt van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Geen beserings is nog aangemeld nie. Daar was vermoedelik ook nie ander voertuie betrokke nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.”

Minnaar sê motoriste kan van Impalaweg, Randfonteinweg en Main Reefweg gebruik maak terwyl die ongelukstoneel skoongemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.