‘n Militêre voertuig wat springstof vervoer het, het Saterdag op die N12 naby Lenasia in Johannesburg omgeslaan.
“Die pad is gesluit en motoriste, wat uit die weste van Johannesburg ry, word aangeraai om die N12-oos te vermy,” het Wayne Minnaar, hoofsupt van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Geen beserings is nog aangemeld nie. Daar was vermoedelik ook nie ander voertuie betrokke nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.”
Minnaar sê motoriste kan van Impalaweg, Randfonteinweg en Main Reefweg gebruik maak terwyl die ongelukstoneel skoongemaak word.