Vragmotor vergruis man

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man in sy 30s is Vrydag dood toe ʼn swaarvoertuig hom teen ʼn muur vasgedruk en vergruis het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in Sefako Makgathoweg (Zambesiweg) in die noorde van Pretoria plaasgevind.

“Paramedici kon niks doen om die man se lewe te red nie, en hy is op die toneel dood verklaar,” het Steinmann gesê.

Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.