Vragmotorbestuurder eers volgende jaar gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

George Mandlanzi (33), wat die vragmotor bestuur het wat verlede Julie tussen Malelane en Hectorspruit voor ’n trein beland en 24 plaaswerkers se dood veroorsaak het, gaan volgende jaar in Februarie gevonnis word.

Mandlanzi het Dinsdag snikkend in die rondgaande hooggeregshof in Nelspruit skuld erken op 24 aanklagte van strafbare manslag en nalatige bestuur. Lees meer hier.

Melanie Erasmus het ná sy skulderkenning gevra dat die vonnisoplegging tot Februarie uitgestel word om haar in staat te stel om vir die vonnisopleggingsargumente voor te berei en om ondersteunende verklarings van oorlewende slagoffers te kry.

Mandlanzi was met 47 seisoenale plaaswerkers van Malelane na Hectorspruit onderweg toe die ongeluk by ’n spoorwegkruising plaasgevind het. Negentien mense is op die ongelukstoneel dood en nóg vyf is onderweg na die hospitaal oorlede. Altesaam 23 mense is in die ongeluk beseer.

Lees ook:
Vragmotorbestuurder doen snikkende bekentenis
Treinongeluk: Bestuurder van manslag aangekla
Treinongeluk: Trokdrywer moontlik aangekla
19 sterf na trein vragmotor tref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.