Vragmotorbestuurder keer selfmoord op “brug van dood”

Etlike ure nadat Wayne Wewege (28) Dinsdag van die berugte Van Stadensbrug tussen Jeffreysbaai en Port Elizabeth in die Oos-Kaap afgespring het, wou nóg ʼn man daar selfmoord pleeg.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam van ʼn 28-jarige man van Port Alfred is Dinsdagoggend in die kloof onder die brug gevind (lees meer hier).

Die Times het Donderdag berig Harry Vermaak, ʼn 54-jarige vragmotorbestuurder, het Woensdag omstreeks 02:00 ʼn Mazda op die brug sien staan. “ʼn Baie bleek man het uit die voertuig geklim, en ek het besef dat hy van die brug af gaan spring.” Vermaak het gestop en vir omtrent ʼn uur met die man gepraat. Die man het vir Vermaak ʼn brief gegee en gevra dat dit by sy twee kinders uitkom.

Die man se selfoon het gelui. Hy het sy foon vir Vermaak gegee om te antwoord. Die man het kort daarna begin wegstap waarop Vermaak hom aan sy arm gegryp het. Hy het die man na die Thornhill-polisiestasie geneem waar die man se familie hom gaan haal het.

Lees ook “Brug van dood” se kamerastelsel red nog daagliks lewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.