Vragmotorbestuurder met lewenskake bevry

Die bestuurder van ʼn ligte vragmotor moes met lewenskake bevry word nadat die voertuig in Pietermaritzburg teen ʼn lamppaal gebots het.

Nooddienspersoneel van ER24 het met hul aankoms op die toneel in Crossstraat, Pelham Noord, die bestuurder in sy sitplek gestabiliseer terwyl hulle vir die brandweer gewag het. Die 28-jarige man het verskeie gebreekte bene, inwendige beserings en ʼn besering aan sy heup opgedoen. Nadat hy bevry is, is hy per ambulans na die Edenvale-hospitaal geneem.

Hoewel die presiese oorsaak van die ongeluk nog ondersoek word, het die bestuurder verduidelik dat hy ʼn ongeluk met ʼn ander voertuig probeer voorkom het deur uit te swaai, en dat hy toe beheer oor die vragmotor verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.