Vragmotorbestuurder sterf in ongeluk op N1

Die foto is deur die gebruiker @PigSpotter op Twitter gelaai.

ʼn Man is Dinsdagmiddag dood nadat twee vragmotors gebots het op die N1 noord voor die Allandale-afrit in Midrand.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die vragmotors het in dieselfde rigting gery toe die een agter in die ander een vasgery het. Die bestuurder van die agterste vragmotor is ernstig beseer en het op die toneel aan sy beserings beswyk. Sy liggaam is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Reuse verkeersvertragings word verwag terwyl die toneel skoongemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.