Vragmotors met klippe bestook

Argief. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Johannesburg metropolisie sê Dinsdag se betoging deur vragmotorbestuurders in die Johannesburgse middestad was ʼn onwettige byeenkoms.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê klagtes sal aanhangig gemaak word teen die organiseerders van die onwettige byeenkoms sowel as klagtes van kwaadwillige saakbeskadiging. Die stakende vragmotorbestuurders het vroeër Dinsdag verbygaande vragmotors met klippe bestook. “Die dra van gevaarlike vuurwapens en beskadiging van eiendom sal nie geduld word nie,” sê Minnaar. Vincent Masoga, woordvoerder van die vervoervakbond Satawu, sê nagenoeg 20 000 vragmotorbestuurders het regoor die land aan betogings deelgeneem. Die werkers dring aan op ʼn 12% verhoging en het ’n aanbod van ’n 8,5%-verhoging deur die Padvragvereniging (RFA) van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Suid-Afrika het in ‘n tipiese oproerige land verander, waar daar min perke is aan gewelddadigheid en ewe min respek vir goedere of lewens bestaan. Dis bykans asof barbaarsheid oorhand begin kry het.

Is die rede daarvoor bloot omdat die regering van die dag hierdie afkeurenswaardige toedrag van sake toelaat of is daar ander faktore wat ‘n rol speel ? Hoe ookal sy, daar sal daadwerklike pogings deur die Owerhede onderneem moet word om orde op die arbeids- en ander fronte te handhaaf anders gaan Suid-Afrika al meer en meer in ‘n onregeerbare en chaotiese land verander. Hiervoor is goeie opvoeding-strukture nodig met sterk klem op waardes en respek vir alles.

Mag daar nugterheid kom en mag die Owerhede, maar ook die ganse bevolking van Suid-Afrika, tot die besef kom hoe belangrik patriotisme en respek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.