Die vervoerstaking is amptelik verby nadat al vier vakbonde Vrydag in Braamfontein ‘n driejaar-loonooreenkoms met werkgewers geteken het.
Die staking het drie weke geduur en verskeie gewelddadige aksies uitgelok. Die staking het ook landswyd ‘n uitwerking op aflewering van brandstof en verbruikersprodukte gehad. Volgens die loonooreenkoms sal werknemers ʼn verhoging van 27% oor drie jaar ontvang. Hulle sal ‘n 10% verhoging in die eerste jaar ontvang, 8% in die tweede jaar en 9% in die derde jaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ja ja. Ons hoor hulle het dit so aanvaar. Maar weet julle wat, volgende jaar strike hulle weer want dan het hulle alweer vergeet van die 3-jaar ooreenkoms!