Vragmotorstaking: Vermy JHB-middestad

Die Johannesburgse metropolisie waarsku motoriste om die middestad te vermy waar duisende stakende vragmotorbestuurders vandag aan ʼn optog gaan deelneem. Stakers eis ʼn 12% verhoging.

“Die publiek, veral motoriste, word aanbeveel om vanaf 10:00 tot 14:00 die gebied te vermy,” het hoofsupt. Wayne Minnaar gesê.

Vragmotorbestuurders gaan na Braamfontein stap om ʼn memorandum aan die vervoer en vrag bedingingsraad te oorhandig.

Die betogers is besig om op Beyers Naude-plein bymekaar te kom. Meeste van die strate in die omgewing, waaronder Simmonds, De Korte en Eendracht, gaan gesluit wees tydens die optog.

Die polisie en metropolisie sal die ʼn wakende oog oor die stakers hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.