Vragskip se wrak opgeblaas

Argieffoto: SANCCOB

Die wrak van die Turkse vragskip, Seli 1, wat al jare op Bloubergstrand gestrand is, is gister opgeblaas in ʼn poging om van die onooglike kuiergas ontslae te raak.

Die Cape Times sê die wrak is Maandag opgeblaas en die oorskot gaan in kleiner stukkies gesny en verwyder word.

Die vaartuig is al sedert September 2009 gestrand nadat dit enjinprobleme tydens gure weer opgedoen het. Seli 1 het verlede jaar in September in 2011 in stukke gebreek en olie gelek.

Die departement van vervoer het aan die Suid-Afrikaanse Vloot opdrag gegee om die wrak te verwyder. Na wat berig word, is R20 miljoen opsy gesit om die wrak te verwyder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.