Vragskip sink naby Knysna

Kiani Satu Foto: theguardian.com

Die vragskip, Kiani Satu, het twee weke nadat dit aan die kus van Buffelsbaai naby Knysna gestrand het, gesink.

Die SA Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het Woensdag gesê die vragskip het vanoggend om 04:00 in 1 000 meter water 110 seemyl suid van Buffelsbaai gesink.

“Ons is gerusgestel dat dit te ver en te diep is om enige ernstige risiko vir die omgewing aan die Suid-Afrikaanse kus in te hou,” het Athane Scholtz, ʼn munisipale woordvoerder van Knysna, in ʼn verklaring gesê.

Die departement van omgewingsake het aan Samsa gesê daar is nie meer ʼn olie-bedreiging wat die Tuinroete sal beïnvloed nie.

Die departement het egter gesê hy sal aanhou om die kuslyn te monitor. Geen olie is sedert 14 Augustus in die water opgemerk nie.

Die Goukamma-natuurreservaat is weer oopgestel vir die publiek.

“Die publiek moet bewus wees dat skoonmaakprosesse nog in die natuurreservaat plaasvind en ons versoek dat hulle enige moontlike versperringsgebiede respekteer,” het Scholtz gesê.

Die munisipaliteit het almal bedank wat gehelp het met die verwydering van die skip.

Lees ook:
Vragskip weer ter see gelaat
Foto’s: Olie word steeds uit skip in Knysna gepomp
Gestrande skip binnekort verwyder
Gestrande vragskip lek olie
Foto’s: Vragskip strand by Knysna

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Vonk ·

Die kuslyn is nou wel beskerm teen oliebesoedeling,maar wat van al die olie en ander chemiese stowwe wat in die oseean gestort gaan word.Dit gaan bepaald n invloed he op die seelewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.