Vredesooreenkoms by Lonmin onderteken

Die rolspelers tydens die ondertekening van die vredesooreenkoms. Foto: Reint Dykema

Alle rolspelers, behalwe twee partye, wat by mynwerkers van die Lonmin Platinum se Marikana-myn naby Rustenburg se loononderhandelings betrokke is, het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn vredesooreenkoms onderteken.

Die ooreenkoms beoog om die spanning by die myn te beëindig. “Die ooreenkoms is net na 01:00 geteken en is ʼn stap in die regte rigting,” het Sue Vey, die myn se woordvoerder, gesê.

Die vakbonde Solidariteit, National Union of Mineworkers (NUM) en United Association of SA (Uasa), asook die mynbestuur het die dokument onderteken. Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en ʼn komitee wat die werkers verteenwoordig, het dit egter nie geteken nie.

Mynwerkers wat nie aan unies behoort nie, het hul eie komitee geskep om hulle by onderhandelinge te verteenwoordig. Dié werkers se verteenwoordiger, Zolisa Bodlwana, het gesê die mynwerkers gaan nie die ooreenkoms teken nie. “Dit het gevoel asof ons by die verkeerde vergadering was. Hulle het daarop aan te dring dat ons die ooreenkoms teken, ons het uit die vergadering gestap omdat ʼn vredesooreenkoms ons op geen manier gaan help nie,” het Bodlwana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.