Vreemde name vir kinders verwerp

Argieffoto

Beamptes in Nieu-Seeland het Woensdag ‘n lys name publiseer wat ouers hul kinders wou noem, maar wat verwerp is omdat dit te bisar of aanstootlik was, insluitend “Lucifer” en “Mafia No Fear” [Mafia geen vrees].

Volgens die lys van 77 name sou een kind “Anal” [Anaal] genoem word voordat die departement van binnelandse sake dié voorstel verwerp het. ‘n Ander kind sou “.” [punt] genoem word. Van die ander name op die lys is “4Real” [Sowaar], “V8” en “Queen Victoria” [Koningin Victoria]. In sommige gevalle lyk dit of die ouers hul inspirasie verloor het, en wou hul kinders slegs “2nd” [Tweede], “3rd” [Derde] of 5th [Vyfde] genoem het.

Die departement se reëls verbied enige naam wat mag impliseer dat die kind ‘n amptelike titel of rang het, bv. “Koning”, “Hertog” en “Prinses” is van die name wat sedert 2001 die meeste verwerp is. “Justice” [Geregtigheid] is die gewildste en is al 62 keer verwerp, alhoewel “Justus” en “Juztice” ook nie goedgekeur is nie.

In 2008 het Nieu-Seeland se familiehof beveel dat ‘n negejarige dogter, wie se ouers haar “Talula Does the Hula from Hawaii” gedoop het, haar naam moet verander, omdat dit ‘n verleentheid is en die kind soos ‘n gek laat lyk.

Regter Rob Murfitt het in daardie stadium die ouers kritiseer wat hul kinders bisarre name gegee het, en voorbeelde soos “Number 16 Bus Shelter” [Nommer 16 Bushalte] en “Midnight Chardonnay” [Middernag Chardonnay] en ‘n tweeling met die naam “Benson” en “Hedges”, soos die sigarette, aangehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus van der Walt ·

U berig op 2 Mei 2013, getiteld, “Vreemde name vir kinders verwerp” het betrekking. Waarom se u in hierdie berig “wie se ouers haar….gedoop het”. Die is tog algemene kennis dat ‘n kind nie sy/haar naam amptelik ontvang wanneer hy/sy gedoop word nie (wat van al die arme ou kindertjies wat nie gedoop word nie)? Ek weet dit is algemene praktyk om so te praat, maar dit is nie korrek nie en daarom behoort ons weg te stuur van hierdie gebruik (bv. Ook die woord “doopname”) – gebruik eerder “geregistreer”, of “gegee”, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.