Vreemde voorwerp spoel naby Jeffreysbaai uit

Die voorwerp van Dinsdag uitgespoel het. Foto: Rieghard Janse van Rensburg , RRAD Photography.

ʼn Vreemde voorwerp het naby Jeffreysbaai uitgespoel en is aanvanklik eers verwar met ʼn gestrande walvis.

Volgens Rieghard Janse van Rensburg, die stasiebevelvoerder van Jeffreysbaai se Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het hulle Dinsdagoggend van St Francis Penguin Rescue verneem dat ʼn walvis op die kus, tussen Kabeljoustrand en die mond van die Gamtoosrivier, uitgespoel het.

“Vrywilligers het met vierwielmotorfietse na die gebied gery. Die ‘walvis’ was toe al die tyd ʼn groot silindriese voorwerp. Dit is sowat ses meter lank met ʼn deursnee van twee meter. Van ʼn afstand het dit wel soos ʼn walvis gelyk,” sê Janse van Rensburg.

Die nodige owerhede is in kennis gestel wat die voorwerp gaan ondersoek om dit te identifiseer en te bepaal of dit ʼn gevaar vir die omgewing inhou. “Sodra dit geïdentifiseer is, sal owerhede beplan hoe om daarvan ontslae te raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.